Sunday, November 18, 2007

Deon Maas, Denkers en Vryheid

(To my English speaking friends reading my blog, my apologies for not writing in English this time, but this is an Afrikaans matter).

Teenoor die Afrikaans sprekendes moet ek erken, ek is nie ‘n geoefende rubriek skrywer nie. Aan die datums hier sal julle sien ek is nie eers ‘n geoefende blogger nie. Dus is my idees dalk nie so heeltemal goed saamgesnoer nie, plus 'n paar spelfoute. Maar dis my seepkassie die…


‘n Persoon het iets in ‘n koerant rubriek geskryf waarvan mense nie gehou het nie, hulle het beswaar gemaak, die koerant het die skrywer afgedank. Nou huil almal oor vryheid van spraak en persvryheid wat aan bande gelê is.

Ek sê: Freedom rules.

Deon Maas het sy vryheid van spraak gebruik en sekere dinge gesê in Sondag koerant Rapport. ‘n Sekere klompie mense het eksepsie geneem oor wat hy gesê het, after all, almal het mos reg tot opinie en spraak, nie waar nie? Rapport het hulle vryheid van keuse gebruik om te besluit hoe belangrik die beswaardes vir hulle is en besluit om Maas nie meer as rubriek skrywer te gebruik nie. Rapport kon besluit het om vir die pro-Maas ouens te staan ongeag die gevolge.

Ons as Suid-Afrikaners het nog lank nie besef hoe absoluut vryheid is nie. Elke persoon is geregtig op sy opinie, ongeag aan watter kant hy staan. En om baie eerlik te wees, dit lyk vir my soms of die “verligtes” liberales” en “post-moderniste” dit net so min verstaan as diegene wie hulle etiketteer as outyds, verkramp en onverdraagsaam.

Raai wat was my reaksie toe ek die gewraakte SMS kry om Rapport te boikot? Rapport moet geboikot word oor Deon Maas, full stop.

Was Deon Maas se uitlatinge in Satanisme die rede vir die aksie? Of was dit die strooitjie wat die kameel se rug gebreek het? Is mense nie dalk moeg vir bitsige denkers, wat sg. debat probeer uitlok deur te vertel hoe hulle 20 jaar gelede hulle vriende se meisies “gespyker” het nie? Afrikaans sprekendes (Christene of andersins) loop heeldag deur onder almal, vanaf die regering, regdeur tot by hulle mede-Afrikaanse rubriekskrywers, oor alles, godsdiens, kerk, die kar wat jy ry en die blomme wat jy plant. O ja, die alewige drama rondom rugby. Is genoeg nie dalk net genoeg nie?

Heeldag word ons blootgestel aan hiedie “moderne denkers” wat veral die Christene bydam met veralgemenings en etikette. Volgens hulle en hulle navolgers word alle Christene aan die neuse rondgelei en kan glad nie dink nie. Sommige van die denkers dink dat hulle idees is so nuut. Lees maar die ou geloofsbelydenisse. Die goed is “old hat”. Tot jou verbasing mag jy dalk uitvind dat Christene baie meer oor sake dink as wat jy sou wou weet. Plus vele mense wat nie weet wat die binnekant van ‘n kerk is nie, maar nou sg. nie so intelektueel is nie. As hy net durf waag om ‘n meer konserwatiewe siening te hê, dan is hy nog op die ossewa kis. ‘n Moderne vryheid van spraak en denke word hom nie gegun nie. Ons het geen idee wat vryheid is nie.

Ten minste is Koos Kombuis eerlik as hy sê:
Afrikaanse denkers van my generasie – en nou dink ek veral aan my mederubriekskrywers soos Deon Maas, Max du Preez, selfs Anton van Niekerk – is geneig tot ’n sekere klas denkfoute. Ons is suspisieus oor alles wat hoegenaamd ruik na breëborspatriotisme. Ons is so vrot van die humanisme, outydse liberalisme en moderne sinisme….. (1)

In ‘n ge-google oor Deon Maas kom ek op ‘n webwerf af, en die persoon is baie openlik dat hy nie een van Maas se bewonderaars is nie. Nou is ek ook nie ‘n Steve Hofmeyr fan nie, nommer een omdat ek nie regtig vreeslik musiek luister nie. Nou sê Steve ‘n paar dinge waarmee ek nie saamstem nie, maar hopelik sal ons twee in absolute vryheid kan aangaan. Maar terwyl ek hier of Steve se webwerf ronddwaal, onthou ek darem die dinge waaroor Steve in die nuus is. Maak vrede met Anton. Help vir Oom Fanus. Haai hier lees ek, empatie teenoor Oom Edwill. Betrokke by proteste oor misdaad, diskriminasie teenoor ‘n taal. Miskien is Steve nie ‘n denker nie. Miskien is hy. Maar hy doen.


(Nog ‘n ou wat darem ‘n inskrywing in die Engelse Wikipedia moet kry is die. Kyk wat doen hy. Ek het lank ge-google en niks oor sy gedagtes oor kontroverisele onderwerpe gekry nie. Lank na sangers en rubriekskrywers vergete is, sal hy onthou word ver buite ons land se grense: http://iafrica.com/news/features/925631.htm)


Is ons in ‘n situasie om heeldag te kan debatte te voer? Word ons so besig gehou met denkers dat ons meer begaan is oor die spreekwoordelike “hoeveel engele kan op ‘n speldpunt dans”? Vele mense het gekla dat die SMS’e oor die saak se kostes baie kon gevoed het. Nou waar is die pro-Maas veldtog? Jy weet, stem ja vir Deon, SMS’e kos R1-00 of R5-00, geld word geskenk aan ‘n opheffings projek?


Ek is bly Rapport het verwys na die situasie waar Britse koerante besluit het om nie die spotprente oor Islam se Mohammed te plaas nie. Dit is vir my so ironies dat ek baie keer hoor dat as ander gelowe iets doen is hulle toegewyd. ‘n Christen wat dieselfde doen is onverdraagsaam. Dis mense wat elke dag die denkers se rubrieke lees wat dit sê.

(Bygevoeg November 19: Drie hoera's vir Hennie van Deventer vir sy kommentaar, sien: http://www.news24.com/Beeld/My_Storie/0,,3-2053_2223422,00.html)

Ek is ook bly dat mense hulle vryheid gebruik om ‘n opinie te lig (ek maak tans geen kommentaar oor die SMS’e en interpretasies van die artikel nie, wyser mense het dit reeds beter gedoen as ek.) Doet so voort. Gebruik jou vryheid, en ja so verantwoordelik as wat jy sou wou die ander moes.


Miskien moet mense soos Deon Maas en soortgelykes besef, mens kan net soveel van skeermes tonge hanteer. As die koerante jou nie wil hê nie, daar is ‘n wonderlik uitvindsel – mens noem dit ‘n blog. Jy kry hulle gratis en verniet op die Internet. Jy kan selfs die vryheid gebruik om die kommentaar wat op jou seepkis toesprake gepos word te beheer. Wel, in ‘n wêreld van spam, help dit nogal.

Ek het gewonder as iemand bitsig is, kan mens sê dat hy bits? So ek het twee dinge om te sê:

Enigeen wat koskook weet, hoe warmer die pot is wat jy roer, hoe groter is die kans dat jy kan brand.

En as jy wil bits, moenie vir die maan gaan huil as jy met/deur ‘n koerant geklap word nie.

Ek sluit af met ‘n aanhaling van Mahatma Gandhi:

Freedom is not worth having if it does not connote freedom to err. It passes my comprehension how human beings, be they ever so experienced and able, can delight in depriving other human beings of that precious right.


1. http://www.news24.com/Rapport/Rubrieke/0,,752-801_2205412,00.html
Rapport artikels oor Deon Maas kwessie:
http://www.news24.com/Rapport/Nuus/0,,752-795_2222898,00.html Deon Maas se artikel: http://www.news24.com/Rapport/Rubrieke/0,,752-801_2214403,00.html

No comments: